Local newsNews

Dans, dans vir Kersfees

Byna 'n honderd bejaardes was bederf met lekkergoed en musiek.

Kersfees het inderdaat vroeg gekom vir Luipaardsvlei Tehuis inwoners.

Sektor 9 se Gemeenskapspolisiëringsforum het op 12 Desember gesorg vir koek, tee en sang by die tehuis waar gesond tot bedlêende bejaardes versorg word.

“Die bejaardes ken ons. Ons patrolleer gereeld en loer by die tehuis in,” het Derek Cloete, die ondervoorsitter van Sektor 9 vertel.

Sandy Lee, ‘n plaaslike sangeres, het, net na die 10vm koek-en-tee, weer Country musiek begin sing wat die ou lyfies vinnig weer op hulle voete gehad het.

“Ek dink elke bejaarde wil net hê iemand moet hulle aan die hand vat en vra om te dans,” het Sektor 9 se Tesourier, Lizette Cogill bygelas.

Die GPF beoog om elke jaar hierdie bejaardes so te kom bederf.

'n GPF-lid dans saam met een van Luipaardsvlei Tehuis se inwoners.
‘n GPF-lid dans saam met een van Luipaardsvlei Tehuis se inwoners.

“Ons gaan almal oud word en om die oumensies te sien, maak dit net meer ‘n realiteit,” sê Derek.

Na die werklikheid van oud word ingesink het, het Sektor 9 lede besluit om die bejaardes aan die hand te vat en, ja, te dans.

“Ek dink hulle gaan almal nou ‘n lang middag slapie vat,” lag die tehuis bestuurderes, Grietha Botes.

Verwante artikels:

• 470 Plaatkoekies vir bejaardes

• Spesiale bederf vir bejaardes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button