Local newsNews

Dubbele Kersfees bederf vir Môreglans

Bejaardes was twee keer bederf met kersgeskenkies.

Die bejaardes van Môreglans Tehuis is verras met ‘n dubbele bederf vir Kersfees.

Amanda Bekker van die Total vulstasie op Robert Broomrylaan tesame met Letisha Botha van die Chatters Kroeg en Restaurant het op 11 Desember ‘n verrassings besoek aan die inwoners van die tehuis gemaak.

Vanjaar het Amanda die tehuis gekies as deel van hulle gemeenskapsuitreikingsprojek.

Amande Bekker en Letisha Botha handig 'n geskenkpakkie aan Môreglans Tehuis se Fanie Meyer.
Amande Bekker en Letisha Botha handig ‘n geskenkpakkie aan Môreglans Tehuis se Fanie Meyer.

Kerspakkies met toiletware, inkluisend waslappies, lekkerruik seepies en handeroom in aan die bejaardes oorhandig.

‘n Paar dae later het die span van Moss en Vennote ook die tehuis besoek.

Die span het van kamer na kamer gegaan om ook kleurvolle kerspakkies aan die inwoners te oorhandig.

Die span van Moss en Vennote besoek Môreglans Tehuis vir 'n kersbederf.
Die span van Moss en Vennote besoek Môreglans Tehuis vir ‘n kersbederf.

“Soms vergeet mense van die bejaardes en dit is hoekom ons besluit het om die 120 inwoners van die tehuis te bederf hierdie Kerseseisoen,” het Elize Badenhorst gesê.

Verwante artikels:

• Môreglans doen dit sommer self

• Soet liefde vir Môreglans

• ‘n Warmer winter vir Môreglans

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button