Local newsNews

Besigheidsmanne bederf kinders vir Kersfees

Die kinders was bederf met 'n spesiale besoek deur Kersvader en tonne lekkers.

Honderde kinders was die afgelope naweek bederf deur ‘n paar van Krugerdorp se besigheidsmanne.

Sowat 170 kinders van Krugersdorp-Wes, asook  Burgershoop en Appelpark, was bederf met ‘n vroeë Kersfeespartytjie by die Burgershoop Gemeenskapssaal.

Chris da Silva van West Rand Pack, Tiago de Canha van Monument Liquor Warehouse en Steven de Canha van Riverside geniet 'n dag van bederf saam met die kinders.
Chris da Silva van West Rand Pack, Tiago de Canha van Monument Liquor Warehouse en Steven de Canha van Riverside geniet ‘n dag van bederf saam met die kinders.

Die dag was met die hulp van West Rand Pack, Riverside en Monument Liquor Warehouse se borgskappe volmaak wat gesorg het vir smullende boereworsrolletjies, koeldrank en natuurlik … tonne lekkers.

Vrolik geverfde gesiggies het die terrein vol baljaar terwyl ander kinders op die springkastele gespring het.

‘n Spesiale besoek van Kersvader en ‘n handjievol hansworse het ook gesorg vir pret en vermaak vir die dag.

Chris Da Silva, Tiago de Canha en Steven de Canha saam met lede van die Teddy Bear Angels en kinders van Krugersdorp-Wes tydens die bederf Kerspartytjie.
Chris Da Silva, Tiago de Canha en Steven de Canha saam met lede van die Teddy Bear Angels en kinders van Krugersdorp-Wes tydens die bederf Kerspartytjie.

Elke huisgesin was ook geseënd met ‘n vrugte- en groentepakkie om huistoe te neem.

‘n Rondte waterballongeveg het gesorg dat die kinders afkoel tydens die hittige sommer’s middag.

Raymond van Wyk spring en baljaar by die Kerspartytjie.
Raymond van Wyk spring en baljaar by die Kerspartytjie.

Met ‘n breë glimlag op die gesig is elke kind huistoe met ‘n kersgeskenk en ‘n lekkerpakkie.

“Baie dankie vir al die borge wat hierdie dag moontlik en spesiaal gemaak het. Ons wens almal ‘n geseënde Kersseisoen toe,” het Doris van Zyl, organiseerder vir die dag van die Teddy Bear Angels, gesê.

Verwante artikels:

• [VIDEO] Father Christmas made an emergency stop in Krugersdorp

• Christmas fun for mentally handicapped kids

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button