Getrou aan mekaar al vir 70 jaar
'n Krugersdorpse paartjie is op 5 Januarie al 70 jaar getroud.
In Krugersdorp is daar onlangs ‘n huwelik, wat langer as die nasionale lewensverwagting van 62 jaar (volgense Statistiek Suid-Afrika), gevier.
Bessie en Hannes van Aswegen van Mindalore het op 5 Januarie hul 70ste (platinum) huweliksherdenking gevier.
Hulle het ’n dogter, vyf kleinkinders en twee agter-kleinkinders wat op 5 Januarie die groot dag saam met hulle geniet het. Bessie (89) en Hannes (92) is ablei steeds gesond en vat die lewe een dag op ‘n slag aan.
Díe egpaar het reeds hulle goue en silwer huweliksherdenkings gevier en binne vyf jaar sal hulle ‘n diamant-huweliksherdenking vier.
In die Statebond ryke kan jy ‘n boodskap van gelukwensing deur die monarg vir jou 60ste, 65ste en 70ste huweliksherdenkings kry.
Verwante arikels:
• 60 gelukkige en gesonde jare
• Paartjie haal halfeeu mylpaal
