[VIDEO] Modder en Bloed van vandag af te sien
Die sterbelaaide Suid-Afrikaanse film is van vandag af in fliek teaters.
Die epiese oorlog drama film Modder en Bloed open vandag in fliek teaters landswyd.
Kaartjiebesprekings is reeds oop en kan by verskeie teaters gemaak word.
Resensente prys reeds die nuwe Afrikaanse fliek.
“Modder en Bloed is ‘n nuwe hoofstuk in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Uiteindelik is hierdie film wel ‘n epiese goedvoelfliek met ‘n reusagtige hart en ‘n wonderlike storie,” het Reney Warrington, ‘n film resensent van Litnet, gesê.
Kyk die amptelike lokprent hier:
Die film, wat ‘n groep Anglo-Boereoorlog gevangenes op St Helena-eiland se ontberings, uithouvermoë en die dapper aanvaarding van ‘n uitdaging uitbeeld, spog met een van die grootste rolverdelings nog in ‘n Suid-Afrikaanse film.
Lees: Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk (VK) span kragte saam op die grootskerm
Plaaslike akteurs soos Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt, Grant Swanby, Bok van Blerk, Deon Lotz, David Louw, Albert Maritz, Michael Richard, Jacques Bessenger en Albert Pretorius is van die akteurs wat in hierdie epiese film te sien is. Britse sterre in die rolverdeling sluit in Charlotte Salt, Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers.
Modder en Bloed is geskryf deur Sean Else en hy is ook die regisseur.
Die film het, soos geklassifiseer deur die Film- en Publikasieraad, ‘n ouderdomsbeperking van 13 aangesien daar tonele wat geweld, sterk en kru-taal en vooroordeel uitbeeld.
In Krugersdorp kan die film by Cradlestone Mall se Ster-Kinekor teater, Key West se NuMetro teater en Silverstar Casino se Movies@ gesien word.
Lees ook:
• [VIDEO] Sterbelaaide pre-première by historiese lodge
• Vir Altyd se Ivan en Donnalee maak ’n draai in die dorp
