AGS verwelkom nuwe Jeugleraar
Die gemeente verwelkom vir Justin en Vanessa Dreyer by die kerk.
Die Apostoliese Geloofsending (AGS) Krugersdorp-Sentraal gemeente het onlangs ‘n nuwe Jeugleraar in die gemeente bevestig.
Lees verder: Leraar vier tien jaar van diens in gemeente
Die kerk se jeuprogram skop ook met die begin van die skole se tweede kwartaal af.
Justin Dreyer is op 6 Maart saam met sy vrou Vanessa verwelkom en hulle word reeds deur die gemeente beskryf as ‘n paartjie wat lief is vir die Here en Sy skepping.
“Ons het ‘n passie vir jong mense, veral tieners, en wil graag hande vat met die [ander denominasie kerke] om die gemeenskap van Krugersdorp te dien,” het Justin gesê.
Hulle glo dat liefde altyd sal wen en dat daar ‘n groot verskil in die samelewing gemaak kan word wanneer ‘n gemeenskap in liefde saam staan.
“Ons jeug beweging se naam is Cid Ignite (wat beteken Christus Identiteit Aanvuuring). Dit is ons missie om die identiteit van Christus aan tevuur in die harte van jongmense,” het Justin vertel.
Lees verder: Groot herdenkingvieringe by Goudrif
Justin het ook gesê as mens na Krugersdorp kyk, sien jy ‘n stukkende dorp “en so ook ons jongmense”.
Jy sal lede van die kerk herken met hulle merkwaardige rooi t-hemde waarop “Laat daar lig skyn uit die duisternis” staan.
“Wanneer u ons sien en herken, stap nader en kom groet asseblief. Dit is altyd lekker om iemand nuut te ontmoet,” het Justin bygevoeg.
