Editor's choiceLocal newsNews

Talent ken geen ouderdom nie

Dalk bejaard maar nog vol skop en hope talent.

Bejaardes van regoor Krugersdorp het ontmoet vir ‘n vriendelike en prettige talentkompetisie.

Die Tradisionele Bejaarde Tehuis Krugersdorp streek het ‘n talentkompetisie vir die verskeie tehuise van die dorp op 9 Maart by die AGS Kerk Krugersdorp gemeente aangebied.

Die geleentheid was op ‘n gepaste wyse geopen met skriflesing uit die Bybel en gebed.

Daarna het inwoners van die Emmanuel Tehuis, Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes, Môreglans Tehuis, Moria Tehuis en Die KCCA Tehuis (Krugersdorpse Raad vir die Versorging van Bejaardes) bemekaar gekom vir ‘n bietjie vriendelike kompetisie onder Krugersdorp se bejaardes.

Eerste op die verhoog was Bets Kemp met haar klavierspel gevolg deur Kotie Grobler, ‘n bekende digter in die dorp wat een van haar eie gedigte voorgelees het.

Volgende was dit Heinz Walter met die luit en later Willem Louw en Mary Erasmus wat ‘n spesiale lied gesing het.

Luipaardsvlei se eie Grafsteensangers het behoorlik die gehoor vermaak met hulle opvoering terwyl Helena Knoetze met haar musikaletalent op die trekklavier gespog het.

Die Luipaardsvlei Tehuis Koor het die hartsnare van die gehoor getrek met ‘n loflied waarna Henry Dunn ‘n pragtige melodie op sy viool gespeel het.

Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier.

Giel Bezuidenhout en Gail Stretch het albei ‘n lied gesing en Susan Blaauw het ook ‘n gedig voorgelees.

Koot en Tina Kriel het ‘n unieke toneel vertolk terwyl Terry en Dot Aucamp ‘n dansroetiene voorgelê het. Die talentdag was afgesluit deur ‘n klavierspel deur Renee de Villiers.

Die streek vergarder een maal per maand waar hulle verskeie aktiwiteite vir die bejaardes van die vyf betrokke huise beplan vir die jaar.

Die inwoners kan uitsien na ‘n opkommende konsert, jukskei, koor en die Golden Games byeenkoms later vanjaar.

Lees verder:

Luipaardsvlei Tehuis talent kompetisie

Dubbele Kersfees bederf vir Môreglans

Old age home enjoys Christmas in July

Valentynsdag-besoek los glimlagte op talle gesigte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button