Local newsNews

‘Vergete’ bejaardes in munisipale tehuise se noodkreet

Oumensie meen dat hulle pensioene hulle nie deur die maand dra nie en vra die gemeenskap vir hulp.

Die News het onlangs talle noodkrete van inwoners by ‘n plaaslike munisipale tehuis in Krugersdorp ontvang en daar is toe besluit om ondersoek in te stel.

Die ondersoek was onsuksesvol aangesien niemand wou voorentoe kom oor die swaarkry noodkrete toe die News besoek aan die Jack Cotton en President Tehuise op 4 April afgelê het nie.

Die News het met verskeie inwoners gesels oor hulle wat, volgens die boodskappe, glo baie swaar kry.

Sommige van die inwoners meen dat hulle maar ‘n pensioen van slegs R1 500 per maand ontvang waarvan R400 vir huur en ongeveer R400 vir water en elektrisiteit gaan. Dit laat sommiges met net R700 oor vir kos en ander benodighede.

Die inwoners van hierdie tehuise sê hulle is die vergete bejaardes van die gemeenskap.
Die inwoners van hierdie tehuise sê hulle is die vergete bejaardes van die gemeenskap.

“As dit op iemand se hart lê om ons te help, ons kom nie uit met ons pensioen nie,” lees die noodkreet.

Daarin word gevra vir verskeie items soos suiker, koffie, mieliemeel, blikkieskos en selfs vars groente.

Ander items sluit in skoonmaakmiddels en persoonlike versorging middels.

Die munisipale tehuise bestaan uit Pioneer Hof met 18 woonstelle wat verhuur word deur meestal getroude paartjies terwyl President Tehuis drie woonsteleenhede het en die res enkeleenhede. Jack Cotton Tehuis het ‘n aantal van 42 enkelwoonstelle en die Van Riebeeck Tehuis het 12 enkelwoonstel eenhede.

Daar was al gerugte dat daar inwoners tans daar huur wat ook kan kwalifiseer vir ‘n staatsubsidie, maar die News kon dit nie na bewering bevestig nie.

Die boodskap het ook niks aangedui oor die gereelde skenkings en donasies wat die tehuise ontvang nie.

Lees meer:

• Bejaardes ontvang emmers vol liefde

• [FOTO’s] Sy help graag

• Bejaardes geëer by bederf-geleentheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button