Local newsNews

Moria sê dankie op Wêreld Verpleegstersdag

Wêreld Verpleegstersdag is ook by Residentia Moria gevier waar die verpleegsters hulle belofte bevestig het.

Op 12 Mei vier die wêreld Verpleegstersdag om dankie te sê vir die eindelose harde werk wat hierdie mense daagliks in hospitale, huise en ouetehuise doen.

By Residentia Moria in Krugersdorp-Noord is 48 personeellede, waaronder permanente susters, versorgers en verpleegsters vir hul harde werk bedank. Hulle het vir die bejaardes gesing en hul verpleegstersbelofte onder leiding van Christina Mahlakwane bevestig.

Moria-bestuurder, Annatjie Griesel, het die bejaarde inwoners daaraan herinner dat ‘n verpleegster iemand is wat voed, koester en beskerm.

“Hoewel onselfsugtigheid belangrik is, is dit nie al wat nodig is om ‘n bekwame verpleegster te wees nie. Goeie verpleegsters het ook deeglike opleiding en wye ondervinding nodig,” het sy gesê.

Annemarie Herholdt, een van Moria se twee permanente susters, dink verpleegsters word so gebore.

“Dit is in jou aard om ander se behoeftes bo jou eie te stel,” het sy gesê.

Hoofsuster Leanne van Wyk het die News vertel dat Pick n Pay en Dis-Chem geskenkpakkies vir die geleentheid geskenk het.

“Dit is belangrik om dankie te sê aan die verpleegsters wat so hard werk,” het sy gesê.

Annemarie stem saam en sê die dankbaarheid wat sy van bejaardes en hul families ontvang, maak haar werk die moeite werd.

Lees ook:

• Gauteng nurses celebrates Nurses Day

• [PHOTOS] Extreme makeover on Nurses Day

• [PHOTOS] Nurses motivated at Sterkfontein

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button