Local newsNews

Teater opvoering ten goede van nuwe NWO

Silver Wishes maak graag 'n verskil en gaan by die verkope van kaartjies vir die opkomende opvoering by die Barnyard Teater, baat.

Silver Wishes, ‘n nie-winsgewende organisasie, reël ‘n fondsinsameling by die Barnyard Theater in Cresta op 27 Julie en nooi die gemeenskap om hulle te ondersteun.

Silver Wishes se voorsitter, Deon Swanepoel het gesê die organisasie is daarop gefokus om mishandelde kinders, vroue asook bejaardes in die gemeenskap te ondersteun.

Na die sukses van hulle eerste groot projek op Moerdersdag by Emmanuel Tehuis, gaan daar 50 kaartjies teen R180 per kaartjie te koop wees vir die 90’s Mania vertoning by die teater.

“Ons kan wel nog kaartjies kry indien die navraag groot genoeg is maar dit is ook onderworpe aan beskikbaarheid van sitplekke. Ons het ses tafels beskikbaar,” het Deon aan die News vertel.

Plekke is beskikbaar aan maatskappye wat kliënte wil uitneem vir die aand sowel as aan individue wat ‘n lekker aand saam met iemand spesiaal wil deurbring. Daar sal kos beskikbaar wees om te koop.

Silver Wishes baat ten volle uit die aand se verkope.

As jy graag ‘n bydrae wil maak aan die organisasie of meer wil uitvind, kontak 072 901 2182 of stuur ‘n epos na info@silverwishesnpo.org.za.

Lees verder:

• [FOTO’s] Moeders: ‘Ons gee nog om’

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button