Editor's choiceLocal newsNews

Vierpotige vriend verskeur

"Hulle het Josef verskriklik verskeur."

Emosies het hoog geloop nadat ‘n buurvrou se honde Annelize Smit se vierpotige vriend in die straat verskeur het.

Smit het gesê sy was op 17 Mei omstreeks 5nm in haar huis toe sy skielik ‘n vreeslike gegil hoor en uitgehardloop het.

Toe sy by haar hek kom, het sy haar Jack Russel-hond, Josef, op die gras voor hul buurman se erf gesien lê.

Twee Amerikaanse veghonde van die buurvrou skuins oorkant haar erf het op die een of ander manier uit haar erf gekom en Josef aangeval en onophoudelik gebyt.

“Geskok het ek ‘n sambok gegryp, na hulle toe gehardloop en begin slaan, maar dit het nie gehelp nie.”

Smit het gesê dis nie die eerste keer dat dié honde in die straat losloop nie.

Sy vermoed dat Josef deur hul palissadehek geruk is en dat die ander honde hom vir 20 minute lank aangeval het.

Hulle het Josef net eenvoudig oor die pad gesleep en daar verder verskeur.

“Ek het op ‘n stadium op die sypaadjie gaan sit en in trane uitgebars want daar was niks wat ek kon doen nie. Toe Josef ophou terugbaklei het die twee honde belangstelling verloor.”

Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum asook die polisie het na die toneel uitgekom.

“Die GPF se bystand was ongelooflik; baie dankie.”

Na die gru-aanval het ‘n verteenwoordiger van die 9th Day-diereskuiling Josef se verskeurde lyfie kom haal en na ‘n veearts in Roodekrans geneem vir behandeling na die gru-aanval.

Weens die bytwond deur sy oog was Josef klaar breindood en het ongelukkig nie die aanval oorleef nie.

“Josef was verskriklik verskeur.”

Die News het by die buurvrou wie se honde na bewering by die aanval betrokke was gaan aanklop om die situasie te bespreek, maar sy was nie beskikbaar nie.

Die buurvrou se seun het gesê dat Josef uit die erf gekom het en hul honde by hul heining geterroriseer het. Hulle het nie soos versoek met die News in aanraking gekom vir verdere kommentaar nie.

Die News het die woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, Chris Kuch, gevra wat mense in so ‘n situasie te doen staan.

Sy het gesê dat daar in so ‘n geval ongelukkig nie ‘n saak geopen kan word nie en dat dit die eienaars van die honde se verantwoordelikheid is om hulle diere veilig agter heinings te hou.

Lees verder:

Stray dog attacks woman

‘I thought he was going to kill me’

WARNING Graphic photos: ‘Help! They are biting me!’

Dog owners need to be aware

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button