Editor's choiceLocal newsNews

Ceasar, die oorwinnaar

Die News het in 2008 oor Ceasar wat met suur gegooi is, berig. Ons vind uit hoe dit met hom gaan.

In 2008 is Ceasar met suur verbrand en moes ‘n heupoperasie ondergaan, maar vandag is hy ‘n gelukkige hond in Elane en Gerrit Goosen se sorg.

Die sewejarige Labrador-kruising het byna ses jaar gelede deel van die Goosens se huishouding geword. Sy vorige eienaar het na ‘n kleiner huis toe getrek en Ceasar sou blykbaar nie daar gelukkig wees nie.

“Ons het in die News gelees dat hy ‘n nuwe huis soek. Ek het nie twee keer gedink om hom aan te neem nie,” het Elane gesê.

Gerrit het laggend vertel dat Elane selfs al ‘n klein bokkie aangeneem het.

“Sy is baie lief vir diere,” het hy gesê.

Ceasar deel ‘n erf in Rant-en-Dal met ander vierpotiges wat ook lekker deur Elane bederf word. Hy word beskryf as liefdevol, glad nie aggressief nie, goed geaard en duld nie geweld nie.

“As ek maak of ek iemand wil slaan, al is dit ‘n vreemdeling, dan grom en blaf Ceasar vir my. Hy hou glad nie daarvan as iemand seerkry nie,” het Gerrit gesê.

Ceasar raak soms ongemaklik in die winter, het Elane (agter) vir die News gesê. Maar hier is hy die gelukkige hond wat almal ken.
Ceasar raak soms ongemaklik in die winter, het Elane (agter) vir die News gesê. Maar hier is hy die gelukkige hond wat almal ken.

Maar tog is hy ‘n gentleman, volgens Elane. Sy het vertel dat Ceasar vir jou sal padgee as jy verby hom loop.

“Ongelukkig dink baie verbygangers dat ons hom mishandel, maar hulle verstaan nie dat hy ‘n aanneemhond is nie,” het Gerrit gesê.

Ceasar se vel is laat in 2008 met suur verbrand en sy pels het nooit volledig teruggegroei nie. Hy loop ‘n bietjie krom as gevolg van sy heupoperasie. Sy vel is grof en ‘n wond aan sy heup gaan elke winter oop. Elane het gesê Ceasar lek aan die wond en vererger dit soms. Verskeie veeartse het vir die gesin gesê dat Ceasar uitgesit moet word, maar Elane en Gerrit is glad nie van plan om Ceasar te “laat slaap” nie.

“Hy is gelukkig. Soms ongemaklik, maar gelukkig,” het Gerrit gesê.

Lees ook:

• Some will just not make it through winter

• An unexpected rescue

• A dog’s life is her life: meet Charmaine the dog whisperer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button