Welkom by die News Nadine!
Die News het dié week 'n joernalis ryker geword.
“Die oomblik toe ek by die News instap, het dit gevoel of ek my doelbestemming bereik het,” het die News se nuwe joernalis, Nadine Myburgh gesê.
Nadine, 22, se lewensreis het in Randfontein begin waar sy ‘n leerder by Laerskool Randfontein en later by Laerskool Avante Primary was.
“In 2012 het ek by Hoërskool Riebeeckrand gematrikuleer. Ek het toe my drome begin najaag en by Unisa ingeskryf, en begin studeer aan ‘n kommunikasiekwalifikasie.
Ek het my beste vriend vyf jaar terug ontmoet en ons trou op 2 Desember. Ek is ‘n hondeliefhebber en het drie Amerikaanse veghonde wat my ‘kinders’ is. Ek hou van sing, skryf en om ‘n glimlag op iemand se gesig te sit.
“Ek skryf graag stories wat ‘n verskil in die gemeenskap kan maak.
“Ek glo dat die reis vol opwinding gaan wees en daarom nooi ek almal uit om my op Facebook, Twitter en Instagram te volg.”
As jy voel jy het iets om met Nadine te deel, kontak haar gerus by nadinem@caxton.co.za of 011 955 1130.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
