Editor's choiceMunicipalNews

Koalisie-regering in Mogale sit sy voet neer

Daar is heelwat reëls en regulasies wat nie haalbaar is nie.

Die koalisieregering in Mogale City Plaaslike Munisipaliteit (MCPM) het by ‘n onlangse raadsvergadering gewys hulle gaan nie vir die ANC terugstaan nie.

Ná hewige argumente, armdruk en koukusvergaderings moes die ANC-speaker die vergadering verdaag en erken dat kundige regshulp ingeroep moet word.

Wrywing het in die eerste 10 minute van MCPM se raadsvergadering begin toe die koalisieregering aan die speaker gevra het watter reëls en verordeninge tydens die vergadering toegepas gaan word.

“Die speaker het erken dat die vergadering volgens die Julie 2016-verordeninge gaan plaasvind wat volgens hom kort voor die munisipale verkiesing ‘goedgekeur’ is,” het raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus in ‘n verklaring gesê.

Die VF Plus vorm deel van die koalisieregering en volgens De Lange is die verordeninge onwettig.

“Die verordeninge vergelyk met die reëls en verordeninge van die Wes-Rand Distrik Munisipaliteit wat nie prakties in ‘n plaaslike munisipaliteit toegepas kan word nie. Een so ‘n voorbeeld is wykskomitees by munisipaliteite, terwyl distriksmunisipaliteite nie daarvoor voorsiening maak nie. Daar is heelwat reëls en regulasies wat nie haalbaar is nie.

“Die veranderde verordeninge is ook nie volgens wet geproklameer en in die Staatskoerant gepubliseer nie, dus is die voorgeskrewe grondwetlike vereistes nie gevolg nie.

“Volgens die koalisieregering is die 2001-verordeninge steeds geldig omdat dit nie amptelik herroep is nie. ‘n Beleid het geen afdwingbaarheid tensy dit in wetgewing vervat is nie,” het De Lange beklemtoon.

“Die koalisieregering is daar om die regsreël (rule of law) te herbevestig en munisipale verordeninge is een daarvan.”

“Dit is algemene kennis dat die vorige ANC-regering in MCPM alles in hul vermoë gedoen het om die Wes-Rand in ‘n metro te verander. Burgerlike organisasies, politieke partye asook die VF Plus het daarteen gestem,” het De Lange gesê.

Related articles:

[WATCH] And the new Mayor of Mogale City is…

[VIDEO] ‘Viva Mogale City, Viva Metro!’

Mayor Seerane: Thanks for your support

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button