Wa jou koene?
Kennies het hulle jaarlikse tradisie van 'gee' volgestaan toe hulle tonne skoene aan Quobosheane Primary School geskenk het.
Laerskool Kenmare (Kennies) het onlangs hul harte en tone oopgemaak om skoene aan minderbevoorregte kinders te skenk.
Kennies het hulle jaarlikse tradisie van gee volgehou toe hulle tydens ‘n opeluggeleentheid hope skoene aan Quobosheane Primary School in Soweto geskenk het.

Die skool se rugbyveld was vol leerders wat in die vorm van voetspore en hartjies rondom die hope skoene gesit het.
Die leerders is gevra om skoene wat hulle wil skenk skool toe te bring en dit op die veld in vorms te pak.
Leerders van Quobosheane het ook die geleentheid bygewoon en die skool met ‘n tradisionele dans vermaak.
Die pawiljoen en die grootste gedeelte van die veld was vol leerders wat tydens die vertoning saam gesing, gedans en hande geklap het.

Die daad weerspieël die barmhartigheidstema van ‘Kennies tref die teiken en los ‘n spoor’.
Hermine Lourens, projekleier en Kennies-onderwyseres bedank die leerders, ouers en kollegas vir hul entoesiasme tydens die geleentheid.
“Die leerders het werklik die geleentheid omskep in ‘n vir-altyd-onthou-dag,” het Hermine gesê.
Om na meer foto’s te kyk van die geleentheid, kliek hier.
Lees meer oor Kennies hier:
