Editor's choiceMunicipalNews

Advertensieborde en humeure waai

“Besigheidseienaars kan die Raad verantwoordelik hou vir borde wat nou beskadig is."

Besigheidseienaars in Krugersdorp is woedend omdat hul advertensieborde, sonder vooraf kennisgewing, in opdrag van die munisipaliteit verwyder is.

Volgens Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City, is ‘n konsultant wat deur die munisipaliteit aangestel is om alle advertensieborde voor besighede te verwyder, by ‘n restaurant in Viljoenstraat voorgekeer.

“Die man het toe reeds ‘n klomp borde wat hy afgesaag het, op sy sleepwa gehad. Hy het ‘n brief van Mogale City by hom gehad wat hom toestemming gee om alle ‘onwettige’ borde te verwyder,” het Amanda gesê.

Sy het voorts gesê dit is onregmatig om duur advertensieborde in ‘n straat wat vir besighede geoormerk is, sonder vooraf kennisgewing eenvoudig te verwyder.

“Besigheidseienaars kan die Raad verantwoordelik hou vir borde wat nou beskadig is. Al wie hierby baat vind is die konsultant wat R500 per bord ontvang wat hy verwyder. Hulle is op 2 September deur die voormalige munisipale bestuurder, Dan Mashitisho aangestel.

“Ek het dit verskeie kere gedurende raadsvergaderings beklemtoon dat onbillike reëls en regulasies dit moeilik maak vir kleiner besighede om ‘n bestaan te maak,” het Amanda gesê.

“Dit is jammer dat selfs borde waarop ‘n kaartuitleg van die area aangebring is en wat jare terug in samewerking met GPF’s in verskeie areas opgerig is, verwyder is. Die kaartuitleg help mense wat nie die area ken nie, asook die polisie, om eiendomme maklik te bereik.”

Volgens haar het sy reeds kontak gemaak met die betrokke burgemeesterskomiteelid om aandag aan die kwessie te gee.

Daar sal ‘n dringende vergadering tussen die besigheidseienaars en die stadsraad gehou moet word om die kwessie te besleg, want, het Amanda gesê, “Ons is besig om vyande van die publiek te maak deur die wyse waarop dinge gehanteer word”.

Related articles:

• Beware of scamsters on advertising site

• The Krugersdorp News Team in Roodepoort

• Place A Classifieds Advertisement In Krugersdorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button