Editor's choiceLocal newsNews

Lewe op straat is nie sy eerste opsie nie

Hy maak egter elke dag net genoeg om vir homself kos te koop.

Die lewe is soms moeiliker vir ander as wat dit vir jou is. Armoede is volop en party mense sukkel om kop bo water te hou.

Paul Riseborough is 42 jaar oud en bly onder ‘n brug in Krugersdorp. Hy was voorheen ‘n sweiser, maar is afgedank en het kort daarna op straat beland.

Paul het egter besluit hy gaan nie stilsit en wag vir werk nie. Hy het aan ‘n innoverende manier gedink om te oorleef. Hy staan soggens van 6vm af by die ‘naweek’-verkeerskruising in Voortrekkerweg en brand enige prent of foto deur middel van die son en ‘n vergrootglas op hout. Hy vra R30 vir ‘n bord en maak ‘n groot verskeidenheid tekeninge. Hy maak egter elke dag net genoeg om vir homself kos te koop.

Paul se ouers is albei reeds oorlede en sy ander familie woon oorsee, onbewus daarvan dat hy op straat lewe.

“My Here is sterk,” was Paul se antwoord toe daar gevra is of dit vir hom moeilik is om onder ‘n brug te moet slaap.

Paul kan sweiswerk doen en is ‘n goeie nutsman. Hy het aan die News vertel dat hy soms mense help om hul hekke en motors reg te maak en dat hy selfs in sy jonger dae onderwatersweiswerk gedoen het.

'n Voorbeeld van Paul se handewerk.
‘n Voorbeeld van Paul se handewerk.

Hy wil graag ‘n vaste werk hê en is nie gewoond daaraan om nie te werk nie.

Paul het ook vertel dat sy oë oopgegaan het vir die samelewing sedert hy op straat is en dat mense hulle harte oopmaak teenoor hom.

Daarvoor is hy baie dankbaar.

Verwante artikels:

wit plakkerskamp

louis volschenk

Eerder Kersfeesgees as om te bedel

Boom val, drie karre bots

Gereedskapdief op kamera vasgevang

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button