Local news

Potch Potholers ontdek die skoonheid van die donker

Vir sommige is dit die avontuur, vir ander die grotformasies of die moontlikheid om voorheen onbekende dele te ontdek.

Terwyl die meeste mense hul vrye tyd buite in die son deurbring, verkies die Potch Potholers om die wêreld ondergronds te verken.

Volgens André Grove, president van die Suid-Afrikaanse Speleologiese Vereniging (SASV), is daar drie klubs regoor die land wat by die vereniging geaffilieer is, waaronder die plaaslike Potch Potholers.

Die klubs verken bekende en nuut ontdekte grotte, maar speleologie strek veel verder as om bloot ondergronds rond te beweeg.

“Grotverkenning behels egter baie meer as bloot om in ’n grot rond te kruip. Ons doen onder meer kartering en dokumentasie, help met die bewaring van grotte, identifiseer sensitiewe gebiede en verskaf waar nodig advies aan grondeienaars, skole en ander belanghebbendes,” vertel Grove.

• Lees ook: Tragiese verhaal van Sterkfontein-duiker meer as 40 jaar later steeds vertel

Die SASV het sowat 300 lede. Terwyl sommige hoofsaaklik vir die avontuur deelneem, is ander betrokke by navorsing, bewaring, kartering en geskiedenis.

Die Potch Potholers bied talle uitstappies per jaar aan, gewoonlik minstens een per maand vir belangstellendes. Meer uitdagende uitstappies word egter beperk tot lede met die nodige ervaring en tegniese vaardighede.

Jong grotverkenner Abigail Coetzee. Foto: Jacci Coetzee

Die groep het onlangs 30 mense verwelkom tydens die eerste Internasionale Dag van Grotte en Karst op 13 September. Deelnemers kon ’n natuurlike, wilde grot verken, met opsies wat gewissel het van makliker gedeeltes tot nou gange waar hulle moes kruip.

Dié avontuur kom egter met risiko’s, waaronder lopende water, los klippe, vertikale skagte, gladde oppervlaktes en nou gange. Sommige grotte vereis ook touwerk.

Die SASV bied daarom opleiding aan en stel lede geleidelik aan meer uitdagende grotte bloot.

• Also read: Echoes of Krugersdorp: The impact that paved the way for SA’s gold rush

Grove waarsku ook dat die presiese ligging van wilde grotte normaalweg nie bekend gemaak word nie om sensitiewe formasies en ekosisteme te beskerm.

Vir beginners beveel hy aan dat hulle eers ’n toeristegrot besoek. Basiese toerusting sluit ’n goeie helm, geskikte skoene, ’n betroubare koplig en ’n rugsteunlig in.

Belangstellendes kan meer oor die SASV, sy klubs en speleologie op www.sasa.caves.org.za leer.

“Vir my persoonlik is dit veral die formasies. Ek het ’n groot passie vir ’n mooi grot. Vir iemand anders is dit die avontuur, die tegniese uitdaging of bloot die onbekende,” sluit Grove af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button