Editor's choiceLocal newsNews

‘n Mooimaaksessie vir Isabel

"Ek het 'n kans gewaag, want jy weet nooit of jy iets daaruit kan leer of kry nie."

Isabel Meyer, wat al 44 jaar ‘n inwoner van Krugersdorp is, was onlangs ‘n deelnemer in kykNET se bekende televisiereeks Glam Guru.

Die Glam Guru (Hannon Bothma) en sy span gee deelnemers ‘n mooimaaksessie van kop tot tone.

“Ek het ‘n kans gewaag, want jy weet nooit of jy iets daaruit kan leer of kry nie,” het Isabel vertel.

Sy was een van die gelukkiges wat uit 4 000 deelnemers gekies is. Met groot afwagting het sy die onderhoude bygewoon en daarna deurgedring na die volgende rondte, waar sy een van die 200 was waaruit die 13 kandidate vir die program gekies is.

Die Glam Guru-span het Isabel by haar huis besoek en ‘n velanalise gedoen, wat volgens haar fantasties was.

“Ek het baie spesiaal gevoel op die dag van die mooimaaksessie,” het Isabel gesê.

Sy voel dat dié ondervinding haar geleer het dat vroue hulself soms afskeep as gevolg van hul omstandighede. Sy het ook geleer dat sy altyd tyd moet maak om haarself mooi te maak. Isabel het ook vertel hoe baie haar familie haar ondersteun en aanmoedig om haar nuwe voorkoms te behou.

Die News kan ongelukkig nie foto’s van Isabel se mooimaaksessie plaas nie as gevolg van die ooreenkoms wat sy met Glam Guru het, maar as jy wil sien hoe sy nou lyk, kyk gerus Sondag, 27 November, op DStv-kanaal 144 teen 6.30nm wanneer kykers Isabel se nuwe voorkoms kan waardeer.

Verwante artikels:

Televisiekameras rol by Monument

Armand droom reeds van Mnr SA titel

Skole reageer op openbare rook in skoolklere

Traumakamer kry ‘n nuwe baadjie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button