Editor's choiceLocal newsNews
Vyftig goue jare vir egpaar
Hulle beskou dit as 50 goue jare in hulle huwelik.
Kassie en Elsie Kruger was onlangs ‘n halwe eeu getroud.
Saterdag, 26 November was nie sommer net enige dag vir Kassie en Elsie nie. Dié dag het hulle hul 50ste huweliksherdenking gevier. Hulle beskou dit as 50 goue jare in hulle huwelik.
Hulle is trotse inwoners van Krugersdorp en is in 1966 in Brits getroud. Hulle spog met nege kinders, 23 kleinkinders, ses agterkleinkinders asook aangetroude kinders en kleinkinders. Hulle het ‘n groot gesin van altesaam 54 kinders.
Die News wens Kassie en Elsie geluk en voorspoed toe vir nog baie geseënde jare.
Lees verder:
Steeds gelukkig getroud na 60 jaar
Getrou aan mekaar al vir 70 jaar
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
