OPVOLG: Kyk hoe lyk Isabel nou!
Dit was 'n eens in 'n leeftyd geleentheid.
Isabel Meyer, ‘n inwoner van Krugersdorp, laat deesdae die koppe draai. Sy het kykers se voete onder hulle uitgeslaan toe sy op 27 November haar nuwe voorkoms op kykNET se Glam Guru gewys het.

Sy was onlangs ‘n gas op die gewilde televisiereeks waar sy haar nuwe voorkoms – heeltemal anders as waaraan sy gewoond was – na haar mooimaaksessie vir almal gewys is. Sy het besluit om die voorkoms te behou omdat dit haar goed laat voel en haar baie selfvertroue gegee het.
“My familie was geskok toe hulle my vir die eerste keer sien,” het Isabel vertel.
Haar man het ‘n verandering in haar gesien wat hy nie gedink het moontlik was nie. Hy moedig haar aan en gee gereeld komplimente.
“Dit was die kans van ‘n leeftyd wat ek met albei hande aangegryp het,” het sy gesê.
Verwante artikels:
Televisiekameras rol by Monument
Armand droom reeds van Mnr SA titel
Skole reageer op openbare rook in skoolklere
Traumakamer kry ‘n nuwe baadjie
