Editor's choiceLocal newsNews

Bederfdag vir 600 bejaardes

Die winkelsentrum was vol bejaardes waarvan sommiges vir die eerste keer in weke hul wonings verlaat het om die dag te gaan geniet.

Om gesellig te kan verkeer het mens dikwels musiek, ‘n lekker bord kos, koek, geskenke en uitstekende geselskap nodig.

Gelukkig vir 600 bejaardes het die bestuur van Pick n Pay in Noordheuwel Winkelsentrum gesorg dat al die elemente daar was vir hul jaarlikse bederfdag vir bejaardes.

Terra Terblanche en sy orkes het die bejaardes vermaak.
Terra Terblanche en sy orkes het die bejaardes vermaak.

Bejaardes word jaarliks uitgenooi na die sentrum waar hulle met ‘n ete, geskenke en lekker vermaak bederf word. Die funksie, wat op 29 November plaasgevind het, word jaarliks gereël deur die sentrum se bestuurder, Daleen Schutte. Die instelling het vanjaar sy 15de herdenking gevier en verskeie tehuise is na die funksie genooi. Die winkelsentrum was vol bejaardes waarvan sommiges vir die eerste keer in weke hul wonings verlaat het om die dag te gaan geniet.

“Dit is baie gaaf wat die mense vir ons doen en ons geniet dit baie. Ons is ook baie beïndruk en waardeer dit opreg,” sê het Hannes en Winnie Visagie gesê.

Amanda Owgan en Timmie van Zyl het die geleentheid bygewoon. Timmie het vir die eerste keer in ses weke sosiaal verkeer.
Amanda Owgan en Timmie van Zyl het die geleentheid bygewoon. Timmie het vir die eerste keer in ses weke sosiaal verkeer.

Die funksie was bedoel vir inwoners van tehuise in die Krugersdorp-omgewing en hulle kon lekker ontspan en nuwe vriendskappe vorm. Pick n Pay het die bejaardes bederf met verskeie geskenkpakke wat kos, skoonheidsprodukte en lekkergoed ingesluit het. Die kleinhandelaar het om en by R180 000 vir die funksie geskenk.

Stella Hlugwani en Dorah Mauwane het die bejaardes met geskenke van Pick n Pay bederf.
Stella Hlugwani en Dorah Mauwane het die bejaardes met geskenke van Pick n Pay bederf.

Daleen het die bejaardes bedank vir hulle gereelde besoeke aan die sentrum en ook dankie gesê vir hulle ondersteuning deur die jaar. Terra Terblanche en sy orkes van Alberton het gesorg vir die musiek waarop die bejaardes heerlik gedans het.

Lees meer:

• Bejaardes ontvang emmers vol liefde

• [FOTO’s] Sy help graag

• Bejaardes geëer by bederf-geleentheid

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button