Editor's choiceLocal newsNews

Besighede en supersterre verbly kinderharte

Hulle kies elke maand 'n ander organisasie om te ondersteun en bemark dit op hul Facebook-blad en webtuiste.

Raddai Sorgsentrum is onlangs vreeslik deur die publiek, supersterre en borge tydens hul jaareindfunksie bederf.

Honderd-en-tien minderbevoorregte kinders het vroeë Kersgeskenke van die goedhartiges ontvang.

Die kinders het van kosblikke en waterbottels, tot skryfbehoeftes en sweetpakke, en skopfietsies, koeldrank en melkysies ontvang. Die beste van alles was dat Kersvader (Paul Redelinghuys) die geskenke vir die kinders gebring het. Nadat hulle hul geskenke ontvang het, kon die kinders ‘bal’-jaar aangesien ‘n vrygewige organisasie ook balle geskenk het.

Die kinders se oë het omtrent gerek toe Clarise & die Reënboogkidz ‘n opwindende optrede vir die kinders gedoen het.

Ivan Botha en DonnaLee Roberts (akteurs in die Afrikaanse films Pad na jou Hart en Vir Altyd) het met oop harte die kinders ontvang en die dag saam met hulle deurgebring.

Dié twee filmsterre kies elke maand ‘n ander organisasie om te ondersteun en bemark dit op hul Facebook-blad en webtuiste.

Die sorgsentrum bedank graag die volgende persone en organisasies vir hulle bydraes: Pascale Legend, Unisa, Clarice en Reënboogkidz, Vuurwarm vir Charity, My Carwash, Ivan Botha en DonnaLee Roberts, en Sportkidz.

“Sonder julle hulp sou die kinders nie geweet het wat Kersfees werklik beteken nie,” het Anzelle Louw, stigter van Vuurwarm vir Charity gesê.

Die organisasie word deur sterre soos Theodore Jantjies (Xander van 7de laan) en Altus Theart (Daniel Malherbe van Modder en Bloed) ondersteun. Angelique Gerber (Clara van 7de Laan) is die organisasie se guardian angel, wat beteken dat sy ander se welsyn op die hart dra.

Vir meer inligting oor die organisasie besoek hul webtuiste by www.vuurwarmvircharity.co.za.

Verwante stories:

Eerder Kersfeesgees as om te bedel

Honeyfield hou Kersfees

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button