Hy’s eintlik ‘brutally honest, boys’
"Kyk dit werk so boys; komedie is nie speletjies nie, eers is jy arm en dan – na 'n m$#rse gesukkel – kom jy op die map."
Fliekgangers het Dinsdagaand, 29 November, hulself geskeur toe hulle die première van die Oos-Randse Koning van Kommin se nuwe film Jonathan, by Nu Metro Key West bygewoon het.
Bo almal se verwagting was dit ‘n genadeloos eerlike voorstelling van die probleme wat in Suid-Afrika ervaar word.

“Kyk dit werk so, boys; komedie is nie speletjies nie, eers is jy arm en dan – na ‘n m$#rse gesukkel – kom jy op die map,” het Rikus de Beer, beter bekend as die Radio Raps-karakter, Jonathan aan die begin van sy fliek gesê.
Rikus het sy karakter beskryf as die breinkind van verveeldheid by ‘n braai saam met sy vriende.
“Kyk, Jonathan is almal se pêl. Hy’s eerlik en spontaan en flippen lewenswys. Hy weet van visvang, braai, cherries – you name it. Sy unscripted eerlikheid vind appeal tot by die ‘larnieste’ Sandton-mense – want almal het daai een vriend wat soos hy is.”

Tog het die film ook op ander wyses groot aanklank by die fliekgangers gevind. Van hulle het na die fliek gesê hulle was nogal verbaas dat dit soveel probleme wat Suid-Afrikaners ervaar, uitlig.
Die fliek is ‘n getroue weergawe van die manier waarop Suid-Afrikaners probleme hanteer.
“Ons is geneig om op die ernstigste oomblikke te lag, net om die pyn en gevolge daarvan te kan handle.”

Van jongmensprobleme soos om uit jou ma se huis geskop te word as jy te veel aangejaag het, tot die gesukkel om geld te maak as karwag –
“You name it, Jonathan het dit”.
Fliekgangers het ook ‘n kans gekry om die skreeusnaakse nasionale legende voor die vertoning te ontmoet en was verbaas toe hulle ‘n dood ernstige man aangetref het.

So nou en dan was Rikus egter vir ‘n oomblik sy alter ego en het die mense behoorlik vermaak.
Sy promosietoer het met dié vertoning geëindig. Die film word op Vrydag, 2 Desember amptelik landswyd vrygestel.
Read more:
Prime Circle at Key West Shopping Centre
International superstars to headline Key West
Support Cupcakes of Hope at Key West
