Editor's choiceLocal newsNews

Musiek is in haar bloed

Tot haar verbasing het sy haar episode gewen en jaag nou haar drome na.

Kennis en deursettingsvermoë is nie al wat plaaslike sangeres Nadia, of soos die gemeenskap haar ken, Elé Zara, het nie.

Nadia was stomgeslaan toe sy hoor dat sy aan die bekende musiekprogram Musiek Roulette gaan deelneem om haar musiekkennis te toets.

“Ek het ‘n goeie algemene kennis van musiek omdat ek self ‘n sangeres in my vrye tyd is,” het Nadia vertel.

Haar man het haar aangemoedig om deel te neem en tot haar verbasing het sy gewen. Sy het gekies om die geld wat sy bymekaar gemaak het eerder te hou as wat sy aan die volgende rondte sou deelneem.

Sy het aan die News vertel dat dit baie senutergend was, maar terselfdertyd baie lekker. Die program se span het haar baie bederf deur haar grimering en haar hare te doen. Sy vertel ook dat die aanbieder, Nádine, verstom was oor haar sangtalent en dat sy baie bekende kunstenaars ontmoet het.

Die Musiek Roulette-stel. Foto ingestuur.
Die Musiek Roulette-stel. Foto ingestuur.

Nadat die program onlangs op SABC 2 gebeeldsend is, het sy besef dat sy uitsaaiwese wil gaan swot en haar drome verder najaag.

Nadia sing reeds van jongs af en is alombekend in die gemeenskap. Sy tree gereeld by feeste op en geniet dit om mense te vermaak.

“Musiek Roulette het iets in my wakker gemaak en ook my oë oopgemaak vir my drome,” het Nadia gesê.

Haar eerste liedjie is ook onlangs vrygestel en sy is betrokke by ‘n platemaatskappy.

Sy verskyn ook binnekort op die bekende musiekprogram Noot vir Noot. Haar motto in die lewe is If you can dream it, you have already done it.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button