Hoera! Nog ‘n skooljaar is klaar!
Die leerders het hul rapporte se wit koeverte oopgeskeur en kon nie wag om te sien wat daarin skuil nie.
Na ‘n lang jaar van gelukkig meer vreugde as trane het die skooljaar tot ‘n einde gekom.
Trotse mammas, pappas en vreugdevolle kinders wat reg is vir vakansie hou het gestraal toe die News Woensdagoggend, 7 Desember, verskeie skole in Krugersdorp besoek het.
Die leerders het hul rapporte se wit koeverte oopgeskeur en kon nie wag om te sien wat daarin skuil nie.

“Ek kan nie wag om see toe te gaan nie,” het Wikus Marais, ‘n Graad 3-leerling van Laerskool Kenmare gesê.
Onderwysers was toegegooi onder die Kersgeskenke wat die leerders saamgebring het en was ook hartseer om van die leerders vir oulaas te groet.
Meeste leerders se punte was wat hulle verwag het dit sou wees, maar daar was ook ‘n paar trane.

Vir die Graad 7-leerders wag ‘n opwindende nuwe reis wanner hulle die hoërskoollewe volgende jaar met beide hande sal aangryp.
Ashley Hawla van Laerskool Krugersdorp-Noord het aan die News gesê dat sy baie opgewonde is oor Graad 8 en dat sy by Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs haar hoërskoolloopbaan gaan voltooi.
Die son, see en sand wag vir die leerders wat bevoorreg is om die vakansie kus toe te gaan. Die res van die leerders wil net lekker saam met hul maats kuier en goed uitrus vir die nuwe skooljaar.
Lees ook:
•Goodbye Krugersdorp, hello Drakensberg Boys’ Choir
