Editor's choiceLocal newsNews

Vir die Voëls steek R3 miljoen-kerf verby

Meer as 56 500 mense het sedert die News daaroor geskryf het daarna gaan kyk.

Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, het binne die eerste 10 dae sedert sy première reeds die R3 miljoen-kerf verbygesteek.

Meer as 56 500 mense het sedert die News daaroor geskryf het, daarna gaan kyk.

Die immer gewilde Afrikaanse fliek is deesdae op almal se lippe. Die musiek is ‘n herlewing van die verlede vir oud en jonk. Vakansiegangers wat op pad is Suidkus toe sal die fliek vanaf Vrydag, 9 Desember by Ster-Kinekor Shelley Beach kan sien.

Irma Humppel (gespeel deur Simoné Nortman) bevind haar voor die kansel waar sy nie dadelik die belangrike vraag kan beantwoord wat gestel is nie. Dit voel vir haar soos gister toe Sampie de Klerk (gespeel deur Francois Jacobs), die man wat langs haar in die kerk staan en wag vir haar “ja”, haar genadeloos afgeknou het.

Simoné Nortman die hoofkarakter in die film.
Simoné Nortman die hoofkarakter in die film.

Irma herleef dan haar lewensreis om eindelik by haar finale bestemming uit te kom.

Irma het van kleins af geleer hoe om onafhanklik te wees – onafhanklik van die verlede, haar ma-hulle en belangrikste, van mans. Irma se pa was ‘n alkoholis en sy vind dit moeilik om te glo dat alle mans nie soos haar pa sal wees nie. Stadig maar seker word Irma se hart sag en sy trou uiteindelik met Sampie, maar op ‘n hele paar voorwaardes.

Die fliek is ‘n lekker vakansiebederf vir oud en jonk.

Lees ook:

• [VIDEO] Sterbelaaide pre-première by historiese lodge

• Vir Altyd se Ivan en Donnalee maak ’n draai in die dorp

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button