Editor's choiceLocal newsNews

Die liefde word met tyd net sterker

Die oujaar is goed afgesluit en die nuwe jaar het nog beter begin.

Francois en Leonora Zentgraf het in 1951 op Oujaarsaand ewige trou en liefde aan mekaar beloof.

Hulle is steeds die verliefde paartjie van 65 jaar terug en tydens die News se onlangse besoek het hulle heeltyd hande vasgehou.

Francois en Leonora Zentgraaf het onlangs hul 65ste huweliksherdenking gevier.
Francois en Leonora Zentgraf het onlangs hul 65ste huweliksherdenking gevier.

Francois het vir Leonora ontmoet nadat hulle penmaats geword het. Francois het Leonora se brief in ‘n tydskrif gesien en het dadelik geweet dat sy die regte vrou vir hom is. Sy het destyds in Port Elizabeth gewoon en hy het besluit om ook daar te gaan woon.

Daar het hulle mekaar leer ken en saam in dieselfde losieshuis gebly. Alhoewel hulle in verskillende kamers gebly het, was die twee onafskeidbaar en het mekaar se geselskap baie geniet.

Hulle het dieselfde jaar op 1 Oktober verloof geraak en besluit om op Oukersaand te trou. Dinge het nie volgens plan verloop nie en hulle besluit toe om op Oujaarsaand te trou om die jaar goed af te sluit en die nuwe jaar nog beter te begin. Hulle spog na 65 jaar met drie kinders, sewe kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Francois het onlangs sy 90ste verjaarsdag gevier en Leonora is nog baie gesond op 85. Sy hou van inkopies doen en Francois het tot onlangs toe spog horlosies gemaak en herstel.

Hulle moedig jong paartjies aan om altyd getrou en lief te bly vir mekaar.

Lees van meer van ons gelukke Krugersdorp paartjies hier

Die liefde blom steeds na 60 jaar

Na 60 jaar steeds smoorverlief

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button