Nuwe Afrikaanse riller-komedie doen baanbrekerswerk
Lizz wil jou dalk omkoop met sjokolade, maar haar bedoelings is suiwer.
Sy is ‘n goue ikoon in die Afrikaanse televisie- en filmbedryf.
Lizz Mering is ‘n doodgewone Afrikaanse vrou wat jou dadelik op jou gemak stel. Sy wil jou dalk omkoop met sjokolade, maar haar bedoelings is suiwer.
News-joernalis Nadine Maré het die afgelope naweek ‘n unieke onderhoud met Lizz en die bekende Laré Birk gevoer tydens die opening van hul nuwe film, Hoener met die rooi skoene by Cradlestone Mall. Die film is ‘n riller-komedie wat nie jou alledaagse kombinasie is nie, maar dit beloof om kykers op op die punte van hul stoele te hou. Lizz beskryf die film as “a different class movie” wat geskik is vir oud en jonk. Dit verloop soos volg.

Bonnie van der Byl (Lizz Meiring), ontvangsdame van Du Toit de Waal is tot laataand besig om op haar werksfoon te klets toe haar baas vermoor word. Sy skakel dadelik die polisie, maar word toe flou. Toe sy bykom was haar baas se lyk skoonveld. Daarna word die een onverklaarbare moord na die ander gepleeg. Bonnie neem sake in eie hande, maar word later self die teiken van die moordenaar.
Hoener met die rooi skoene is maar net een van Koos Roets, ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en kinematograaf, se vele produksies.

Koos, wat voorheen by internasionale produksies betrokke was, woon nou in die dorpie Klaarstroom in die Wes-Kaap. Die film is daar geskiet en die akteurs kon nie uitgepraat raak oor die klein, maar unieke plekkie nie.
Na die vertoning het verskeie mense gesê dat die film net so goed soos die nuwe XXX-film is.
Die akteurs voel dat die bedryf besig is om opslae te maak en dat Afrikaanse films al meer in die toekoms te sien sal wees.
Vir Liz is hierdie film ekstra spesiaal omdat dit die Teater Bystandfonds (TBF) ondersteun. Sy is vanjaar tot raadslid van die fonds verkies. Dié fonds, wat 52 jaar gelede gestig is, onderhou tans 25 bejaarde kunstenaars en sorg vir 2 800 mense op ‘n permanente basis. Dit sluit almal in wat in die mediabedryf is. Volgens Lizz help die fonds ook werkende kunstenaars met mediese onkostes.
“Suid-Afrikaanse kunstenaars het soms finansiële probleme omdat hul inkomste nie konstant is nie,” het Laré gesê. Sy vertolk die rol van Roxie Roos in die film.

Die fonds beoog ook om stabiliteit te verskaf aan die families van kunstenaars wat reeds oorlede is.
Die News het onlangs ‘n Facebook-peiling gehou waarin die publiek gevra is om te sê hoeveel geld Afrikaanse akteurs na hul mening verdien. Die meer as 26 000 volgelinge op die News se Facebook-blad kon een van die volgende antwoorde kies:
• Ja, hulle verdien ‘n groot salaris as die produksie goed doen
• Nee, hulle verdien maar min, omdat die mark so groot is
• Onseker, ek weet te min van die bedryf af
Die terugvoering van die meerderheid lesers hierop was dat akteurs wel baie geld na die produksie verdien. Sommige lesers het ook kommentaar gelewer, soos Duane Koekemoer wat gesê het, “Ek dink hulle verdien ‘n gemaklike bedrag, omdat jy nie bekendes in duur motors sien rondry nie”.
Lees meer hier