Prisma nooi gemeenskap na toewydingsperiode
Daar gaan verskeie gaspredikers by elke geleentheid preek.
Het jy kos vir jou siel nodig?
Die Rant-en-Dal Prisma Gemeente fasiliteer ‘n toewydingsperiode wat gemik is op die jaar wat voorlê. Die periode strek oor twee weke waartydens verskeie gaspredikers sal optree. Die hele gemeenskap is welkom en toegang is gratis.
Op Sondag 5 Februarie gaan dr Jaco Strydom tydens die oggend- en aanddiens aan die woord wees. Hy sal ook op 6 en 7 Februarie te sien wees. Jaco is van Echo Jeugbediening en was voorheen ‘n joernalis by Beeld in Pretoria. Hy is onkonvensioneel en daag ‘n mens uit om nuut en vars oor die wêreld, jou geloof en jouself te dink.
Op Woensdag, 8 Februarie tree Dawie Spies en Elza Meyer, albei bekendes, by ‘n manne- en damesbyeenkoms op. Dawie organiseer Manne van die Woord landswyd en Elza is veral bekend vir die Turn back to God-inisiatief.
By al die geleenthede sal daar heerlike lofprysing en aanbidding wees. Maak gerus ‘n aantekening in jou dagboek en oriënteer jouself om 2017 ‘n merkwaardige jaar te maak.
Die oggenddiens begin om 8.30vm en die aandgeleentheid om 5.30nm.
Enige navrae kan aan Drienie by 011 665 2017 gerig word.
Lees meer hier
Prisma-gemeente bedien kiesers

