Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Johannes trek die besem self nader

Hy sê as die area skoon is, lok dit meer klante.

Op 60-jarige ouderdom staan Johannes Willem Horn elke oggend vroeg op om die gemeenskap van Krugersdorp-Wes se strate, spesifiek Rustenburgweg, skoon te maak.

Hy vee die straat, tel al die vuilgoed op, maak die Krugersdorp-Wes Apteek se deur vir klante oop en is ook ‘n geregistreerde karwag.

“Ek begin elke oggend om en by 7vm hier om die area skoon te maak,” het Willem gesê.

Johannes Willem Horn op sy pos waar hy elke dag vir die afgelope drie jaar te sien is.
Johannes Willem Horn op sy pos waar hy elke dag vir die afgelope drie jaar te sien is.

Nadat foto’s van Willem op die Facebook-groep Krugersdorp Staan Saam gepubliseer is, het die gemeenskap Willem se onbaatsugtige dienste geprys.

Hy het aan die News vertel dat hy die area al vir meer as drie jaar skoon hou, omdat dit meer klante lok en sodat dit netjies moet lyk. Hy het ook gesê dat hy al 23 jaar lank ‘n karwag is. Toe die News hom gevra het waarom hy steeds op sy ouderdom werk, het hy gesê dat dit hom besig hou.

Hy is alom bekend in die gemeenskap en sommige mense hoef nie eers te vra dat hy na hulle motors kyk nie. Hy het ook gesê dat daar wel mense is wat baie nors teenoor hom is.

Hy kry ‘n klein fooitjie by die eienaar van die apteek en verdien ook ‘n bietjie geld as karwag. Hy kry wel nie geld vir sy goedhartigheid om die straat skoon te hou nie, maar hy is dankbaar vir dit wat hy het.

Willem is getroud en het vier kinders waarvan een gestremd is. Hy gebruik sy daaglikse fooitjies om vir sy gesin brood en ander kos te koop.

Die apteek se werkers het ook vertel dat hy elke dag op sy pos en baie betroubaar is. ‘n Verbyganger het gesê dat hy baie dankbaar is dat iemand die strate van Krugersdorp skoon hou.

Weet jy van nog ‘n onbesonge held in die gemeenskap? Laat weet vir News-joernalis Nadine Maré deur vir haar ‘n epos te stuur na nadinem@caxton.co.za, of haar te skakel by 083 959 4906.

Lees wat van ons lesers te sê het hier

Vuil Krugersdorp, siesa

Vuil modderwater

Sies vir vuil erwe

Disgusting Krugersdorp

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button