Local newsNews

Jy kan goed voel oor jou liggaam!

Dit neem ses tot 12 weke om 'n verskil aan jou liggaam te sien.

As jy nie goed voel oor hoe jy van buite lyk nie, sal jy nooit goed van binne voel nie.

Dit is die wyse woorde van ‘n persoonlike afrigter in Krugersdorp.

Chane Gresse is 24 jaar oud en sy het eendag besluit dat sy ‘n verandering in haar lewe moet maak. Sy het nie goed gevoel oor haarself nie en net daar besluit dat sy gesonder gaan eet en gaan begin oefen. Sy het kort daarna besluit dat sy dit ‘n voltydse beroep wil maak.

Chane het haar eerste groot kompetisie in Maart verlede jaar gewen.

“Ek het altyd my werk eerste gestel, ek het nooit tyd gehad om na my liggaam te kyk nie, tot ek besluit het om ‘n groot verandering in my lewe te maak,” het Chane gesê. Vandag droom sy daarvan om haar eie gimnasium te open en aan te hou om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Volgens haar neem dit ses tot 12 weke om ‘n verskil in jou liggaam te sien, maar dit verg baie uithouvermoë. Sy oefen ses dae ‘n week, twee keer ‘n dag vir minstens 45 minute.

Sy wil graag hê dat ander goed oor hulself moet voel. Sy weet egter dat elke mens se liggaam uniek is en dat elkeen volgens sy of haar struktuur moet oefen. “Jy gaan nie binne ‘n week ‘n verskil sien nie. Verandering gebeur oor ‘n tydperk,” het Chane vertel. Sy glo ‘n gebalanseerde leefstyl kan depressie verlig en selfvertroue bou.

Chane wil graag haar passie met ander deel, daarom nooi sy almal om vandag nog ‘n verskil aan hulle liggame te begin maak. Sy glo dat oefen en ‘n gebalanseerde dieet hand aan hand gaan en dat mens 100 persent daartoe verbind moet wees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button