NewsSchool sportSchoolsSport

Monnas-fietsryers begin seisoen vroeg

Buiten die geesbeker wat die skool gewen het, is hul gazebo as die beste by die geleentheid aangewys.

Hoërskool Monument se Second-to-None bergfietsryspan het Saterdag, 4 Maart aan ‘n vriendskaplike fbyeenkoms teen verskeie ander skole by HTS John Vorster in Pretoria deelgeneem.

Al is dit vroeg in die fietsryseisoen het die span besluit om hulle fiksheid te meet deur aan die kompetisie deel te neem. Buiten die geesbeker wat die skool gewen het, en dat hul gazebo as die beste by die geleentheid aangewys is, het die groep baie sterk teen ander fietsryers meegeding.

Die individuele prestasies was as volg:

• Junior seuns: Jonathan Clements – vyfde plek en Tiaan van Niekerk – 14de plek

• Jeug o.16 seuns: Tristan Krauss – 10de plek

• Jeug o.15 seuns: Michael Simons – sewende plek, Billy Erasmus – 10de plek, Minnaar Brand – 14de plek en Jaundre van den Berg – 15de plek

• Junior dogters: Chloë Gardner – tweede plek en Sarah Hall – derde plek

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button