Local newsNews

Kersvader besoek kinders om hoop te bring

Onder 'n groot kersboom het daar honderde geskenke gelê, gereed om oopgemaak te word.

Twee barmhartige vroue, Yolandi Coetzee Pestana en Madre Botha, wat onder die naam Hope for the Future plaaslik liefdadigheidswerk doen, het onlangs ‘n Kerspartytjie vir die kinders van die area gehou.

Kersvader hou ‘n slapende baba vas.
Foto: Bianca Pindral

Onder ‘n groot kersboom het daar honderde geskenke gelê, gereed om oopgemaak te word. Kersvader was ook daar en die kinders het almal by sy groot gestewelde voete gaan sit om te hoor wat hy sê.

Met groot oë het die kinders na sy diep stem geluister en terwyl hy met hulle gesels het, het sy twee helpers die geskenke begin aangee. Een vir een het hy die kinders se name uitgeroep en elke kind het twee geskenke by hom gekry.

Kervader gee vir ‘n seun twee geskenke.
Foto: Bianca Pindral

Die kinders het dié partytjie baie geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button