Local newsNews

Twee, glo broers, dood in N14 botsing

Die mans het agter in 'n stilstaande vragmotor op die N14 vasgery.

‘n Tragiese ongeluk het op Vrydag, 15 Desember twee jong mans se lewens geëis. Volgens verskeie nooddienste was die oorledenes glo broers.

Die slagoffers het om 11.50nm op die N14 snelweg agter in ‘n stilstaande vragmotor vasgery, naby die Malibongweweg-afrit. Die bakkie waarin hulle gery het, is afgeskryf.

Hulle was onderskeidelik 33 en 34 jaar oud.

Nooddienste en polisiebeamptes was kort daarna op die toneel en het die mans dood verklaar. Hulle het ook meer inligting oor die ongeluk opgeneem.

Die amptelike oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button