Só lyk en klink ’n wentoespraak
Hoekom is hierdie toesprake wenners? Lees hier.
Noudat die News deur middel van Afrikaans.com jou geleer het hoe om ’n redenaarstoespraak te skryf, wenke gegee het hoe om die toespraak te leer en voor te dra, en ook die slaggate uitgewys het waarvoor jy moet uitkyk, sluit die reeks, ‘Alles wat jy nodig het vir 2018-redenaars’ af met ’n artikel waarin daar na ’n klompie praktiese voorbeelde van wentoesprake gekyk word.
Onthou asseblief dat hierdie toesprake die intellektuele eiendom van die sprekers is en dus nie vir persoonlike doeleindes gebruik of gekopieer mag word nie. (Jy mag nie die toespraak leen nie!)
• Graad R tot Graad 3:
Wie het gesê net ouer kinders kan uitblink wanneer dit by redenaars kom? Die spul skattige R tot Graad 3’s gee nuwe betekenis aan die ou gesegde, “So bek kort jêm!”
Eduard Hamman van Laerskool Dr Havinga lewer sy Graad R-redenaarstoespraak waarvoor hy 92 persent behaal het en die algemene wenner vir Graad R was.
• Graad 4–6:
In Graad 4–6 raak die toesprake langer, die kinders ‘slimmer’ en die onderwerpe meer ingewikkeld.
Kyk met hoeveel oorgawe gee Marizelle Ferreira van die Laerskool Phalaborwa Groenskool haar toespraak oor “Trappe”:
• Graad 7–12:
Wanneer dit kom by redenaars in die seniorfase is dit maklik om te sien wie eendag ’n suksesvolle loopbaan as ’n gladdebek politikus, radio-omroeper of TV-aanbieder sal kan volg! Ouer kinders slyp al hul tande van jongs af en wanneer dit hul beurt is om aan seniorfase-redenaarskompetisies deel te neem, is hul dikwels reeds uitstekende orators.
Kyk hier hoe ’n matriekleerling sy Radikale Redenaarstoespraak oor “Normaal is subjektief” lewer:
• Hoekom is hierdie toesprake wentoesprake?
Wat is die belangrikste ding wat al hierdie voorbeelde van toesprake wat ons jou nou gewys het, in gemeen het? Al die sprekers, van die kleinste Graad R tot die grootste matriek, lewer hul toesprake met oorgawe en passie! Almal se toesprake het ’n interessante onderwerp en ’n uitstekende struktuur, en pas by die ouderdom van die leerder. Almal maak gebruik van goeie argumente en gee logiese en gepaste stawings vir die argumente. Let ook op na die humoristiese elemente wat in die sprekers se toesprake voorkom. Niemand wil voor gepreek word by ’n redenaarskompetisie nie; toeskouers wil dit geniet om na die sprekers te luister!
Al die sprekers is ook goed voorberei, gemaklik en ‘n mens kan duidelik hoor wat hul sê. Hulle hanteer hul kaartjies met gemak. Dit dui op ure en ure se oefening!
Afrikaans.com weet ook dat ons lesers nie net kleitrap met redenaarstoesprake nie en dat die skryf van ander tipe toesprake ook dikwels tot groot kopseer kan lei. Ons sluit dus ons reeks, ‘Alles wat jy nodig het vir 2018-redenaars’ af met nuttige notas oor die skryf van verskillende tipes toesprake wat jy op jou rekenaar kan aflaai, of in jou laai kan bêre en nader trek wanneer jy weer moet toespraak skryf: Die notas is in Engels en Afrikaans beskikbaar, en sal verseker dat jy nooit weer vashaak met die skryf van enige tipe toespraak nie!
Kliek hier: https://www.afrikaans.com/upload/Nuttige-Notas.pdf om die notas deur te gaan.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
