Nories se mooistes gaan op safari
Al die deelnemers het absoluut pragtig gelyk, maar daar was net 'n beperkte aantal krone en titels.
Met fraai vellies, kakiekouse en strooihoede het talle deelnemers die loopplank aangedurf tydens Hoërskool Noordheuwel se grootste spoggeleentheid van die jaar – die Meneer en Mejuffrou Norie-kompetisie.
Tydens die geleentheid op Donderdag, 22 Maart in die skoolsaal het familie en vriende hul gunstelingdeelnemers ondersteun.

Hulle is eers behoorlik vermaak toe sanger Pieter Koen ‘n paar van sy bekende treffers gesing het. Daarna was hy die seremoniemeester toe Nories se mooistes glansryk op die loopplank gestap het. Al die deelnemers het absoluut pragtig gelyk, maar daar was net ‘n beperkte aantal krone en titels.
Hoërskool Noordheuwel het met groot trots hul Mejuffrou Norie 2018/ 2019 aankondig, en dit is niemand anders as die beeldskone Caylé Potgieter nie.

Die gehoor was verheug toe die aantreklike Zander Jansen van Vuuren daarna gekies is om sy plek as Meneer Norie langs Caylé in te neem.
In die Juniorafdeling is die pragtige Carlé Kriedemann as die wenner gekroon waarna Reynard Massyn as Meneer Norie Junior aangewys is.
Die ander wenners is soos volg:
Juniors:
Eerste Prinses: Miette Wissing
Tweede Prinses: Han-Marie Botha
Eerste Prins: Ashley Denner
Tweede Prins: Jordaan Jansen van Vuuren
Seniors:
Eerste Prinses: Minke Marais
Tweede Prinses: Julia Retief
Eerste Prins: Marnus du Toit
Tweede Prins: Juandré Klopper
“Hierdie is ‘n hoogtepunt op die Norie-kalender. Ons sien dit as ‘n geleentheid om leerders se selfvertroue te bou, om hulself te geniet en om mekaar beter te leer ken,” het organiseerders Elizma de Swardt en Sonet Guy vertel.

Die skool is trots op elke deelnemer en glo dat elke ondersteuner en deelnemer bygedra het tot die aand se sukses.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
