NewsSchools

Monnas-atlete doen dit weer

Tydens die kampioenskappe wat van 5 tot 7 April plaasgevind het, het die atlete weereens puik presteer.

Hoërskool Monument (Monnas) het dit reggekry om nog nasionale atlete te kweek.

Twaalf van die skool se atlete het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Atletiekkampioenskappe vir o.18’s en o.20’s deelgeneem.

Tydens dié kampioenskappe wat van 5 tot 7 April plaasgevind het, het die atlete weereens puik presteer. Hulle het altesaam agt medaljes verower.

Boonop is die volgende vier atlete na afloop van die byeenkoms gekies om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig:

• Thando Dlodlo – 100m en 200m

• Tebogo Maseema – Driesprong

• Matome Shabangu – Hoogspring

• Dylan Krenczeck – 1500m

Die volgende twee Monnas-oudleerders is ook in die nasionale span opgeneem:

• Liza Kellerman – 800m

• Kayle Blignaut – Gewigstoot

“Monnas is trots op sy rekordgetal nasionale atlete. Harde oefening en toewyding het beslis die deurslag gegee. Ons wens hulle graag alle voorspoed toe vir hul volgende byeenkoms wat op 27 en 28 April sal plaasvind,” het atletiekafrigter, Juan Strydom ten slotte vertel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button