Editor's choiceNewsSchools

Talent in oorvloed by Noordskool

Leerders van die skool het vanjaar omtrent uitgeblink by Talent Africa.

Laerskool Krugersdorp-Noord het omtrent opslae gemaak by vanjaar se landswye Talent Africa-kompetisie wat in die Roodepoort Teater gehou is.

Die kompetisie is gedurende die April-skoolvakansie aangebied en Noordskool het uitstekend gevaar.

Die sweetpakke wat die deelnemers by Talent Africa ontvang het.
Foto: Bianca Pindral.

Adia Coetzer, ‘n Graad 4-leerder van die skool het in drie kategorieë gouetoekennings verower – Acting poetry, English public speaking en English prepared reading.

Alyssa Smit, ‘n Graad 3-leerder het ook drie goud gekry vir haar vertoning in Acting Afrikaans poetry, Acting English poetry en Afrikaans voorbereide lees.

Chanel Harmse, ook ‘n Graad 3-leerder het vyf goud, twee silwer en ‘n brons in verskeie kategorieë gewen. Sy het Engelse en Afrikaanse poësie en Public speaking gedoen, klavier gespeel en modelwerk gedoen. Chanel was een van die deelnemers wat na die kompetisie genooi is en gaan aan die Special awards deelneem. Sy het ook ‘n spesiale toekenning vir haar verfstuk ontvang, en sy het ‘n kontantprys, ‘n sertifikaat en ‘n trofee vir die beste junior artikulasie by Talent Africa verower. Sy was ook die algehele wenner van die Santa 2018 SA National Talent Africa Junior Artist.

Chanel Harmse.
Foto: Bianca Pindral.

Monique Smit, ‘n Graad 4-leerder het twee silwertoekennings verower – een vir moderne dans en een vir diskodans.

Erika Enslin, ‘n Graad 6-leerder het twee goue- en ‘n silwertoekennings verower. Sy het aan poësie, diskodans en Freestyle-dans deelgeneem.

Adia, Alyssa, Chanel en Erika het gekwalifiseer om Suid-Afrika by Talent America te gaan verteenwoordig.

Monique Smit.
Foto: Bianca Pindral.

Dié talentkompetisie gaan tydens die Junie-skoolvakansie in New York plaasvind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button