NewsSchools

Kennies bak koeke vir Ebies

Volgens Iza Loubser van Kennies was die personeel in spanne verdeel en op 'n skattejag gestuur. Hul moes verskeie leidrade bymekaar maak om versierings op te spoor.

Laerskool Kenmare (Kennies) het in Julie lekker gebak en gebrou tydens ‘n prettige spanbou-aktiwiteit.

Volgens Iza Loubser van Kennies is die personeel in spanne verdeel en op ‘n skattejag gestuur. Hulle moes verskeie leidrade bymekaar maak en volg om versierings op te spoor.

Pieter Koen vermaak die gehoor. Foto: Alanicka Lotriet.

“Elke span het ‘n tema gehad en moes ‘n koek versier met die versierings. Daarna is selfs pryse uitgedeel vir die beste koeke. Sanger Pieter Koen het nog meer vermaak verskaf,” het sy gesê.

Na ‘n middag van heerlike peuselhappies en lekker kuier het hulle besluit om die nege koeke vir Laerskool Ebenhaeser te skenk.

Adri Bell en Katinka Fett kuier lekker saam. Foto: Alanicka Lotriet.

“Dit was groot pret om vir ons personeel op so ‘n manier dankie te sê vir al hul harde werk. Hulle het dit vreeslik baie geniet,” het Iza ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button