NewsSchools

[FOTO’s] Ebies la’t wiel met fees

Die skool se rugbyveld was gepak met aktiwiteite vir die hele familie.

Talle feesgangers is sommer vroeg uit die vere om die La’t Wiel Fees van Laerskool Ebenhaeser te ondersteun.

Al het onweer gedreig om die aktiwiteite te bederf, het dit niemand gekeer om hulself ten volle te geniet nie.
Die Ebies-rugbyveld was gepak met aktiwiteite vir die hele familie. Daar was ‘n pretpark, sprinkastele, waterspele, 5D-Motion Pictures asook trein- en kameelritte vir die kleingoed terwyl pappas en oupas hulself kon verkyk aan veteraanmotors en -motorfietse.

Talle mammas en oumas het die geleentheid gehad om allerlei stalletjies, waar onder meer smullekker kos verkoop is, te besoek. Verder kon leerders aan die Mnr en Mej La’t Wiel-kompetisie deelneem, dit op ‘n vreesaanjaende helikopterrit waag en ook bekende en plaaslike kunstenaars ondersteun.

Feesgangers was veral opgewonde toe gaskunstenaar Leah haar verskyning gemaak het en ‘n paar bekende treffers gesing het. Haar optrede saam met kitaarspeler Rudolph Botha het talle aanhangers op hul voete gekry en op die maat van die musiek laat dans.

Organiseerder Riana Taljaard het vertel hoe dankbaar sy is teenoor elke persoon wat die geleentheid bygewoon het, en dié wat so hard gewerk het.

Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button