
Hoërskool Bastion se jaarlikse groentjiekonsert wat die gehoor van begin tot einde vermaak het, was weereens ‘n reuse sukses.
Die groentjies het hul beste danspassies en akteursvernuf op die verhoog ten toon gestel, en het op die maat van polsende musiek en flitsende ligte die storie uitgebeeld van die nuwe Graad 8-leerder wat sy plek by die skool vind.

Die leiers het ook hul eie spesiale item gehad, wat hulle uitbundig opgevoer het.
Daar was drie vertonings in die week van 22 tot 24 Januarie. Die hoogtepunt was beslis die Graad 8’s se Capping-seremonie waarmee die Gala-aand afgesluit is en waartydens hulle as ware Bastionners verwelkom is.

Tazmin Rossouw, ‘n Graad 12-leerder, is ook bedank omdat sy die draaiboek vir die konsert geskryf het.





Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
