Local newsNews

Bejaardes dankbaar na suksesvolle fondsinsameling

Residentia Moria-inwoners het na lang beplanning 'n fondsinsamelingsdag gehou en ook 'n groot tjek van die Mosaic-groep ontvang.

Die Residentia Moria Fasiliteit vir Ouer Persone het vroeër in Mei ‘n prettige dag vir hul inwoners gehou waartydens hulle en die publiek die dag saam kon geniet. Die doel was om fondse in te samel vir die ouetehuis.

‘n Groot gebeurtenis gedurende die dag was toe direkteur Ramón Collins en personeel van die Mosaic Funeral Group in Krugersdorp ‘n tjek aan die bestuur van Moria oorhandig het. Die groot tjek wat aan Moria se Annatjie Griesel oorhandig is, was wel net simbolies aangesien die R5 000-donasie in die tehuis se bankrekening inbetaal is.

Moria is hoofsaaklik ‘n fasiliteit vir ouer persone en voorsien selfsorg-verblyfeenhede asook sorg vir verswakte persone wat nie ten volle na hulself kan omsien nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button