Local newsNews

Toekomsvenster kry toekenning vir hul helpende hande

Die liefdadigheidsorganisasie Toekomsvenster word deur die Faith Broadcasting Network erken vir hul werk in die gemeenskap.

Geloofsgebaseerde mediabediening is ‘n groot bedryf in Suid-Afrika. DiĆ© tipe programme word daagliks op talle televisiekanale, radiostasies en webtuistes uitgesaai.

Daar het gevolglik ‘n behoefte aan beheerliggame wat in hul hoedanigheid hierdie onderskeie groepe by mekaar kan bring. Die Faith Broadcasting Network (FBN) is ‘n versameling van Christen-gesentreerde televisiestasies wat oor Afrika, Engeland en Amerika strek.

Toekomsvenster is ‘n welbekende liefdadigheidsorganisasie in Krugersdorp wat hulp verleen aan talle groepe en persone wat hulself in moeilike omstandighede bevind. Dominee Jannie Pelser, stigter van die organisasie, het ook ‘n prominente media-afdeling daargestel wat talle boeke, video’s, radioprogramme en musiek lewer. Hierdie arm van Toekomsvenster word onder die FBN-naam bedryf, wat dit vir hulle moontlik maak om hul werk reg oor die kontinent en oorsee te versprei.

FBN, in samewerking met die Association of Christian Media, het onlangs hul jaarliks konferensie gehou waarheen hulle hul mediavennote en lede genooi het om die aand saam deur te bring en van hul werkswyses te vertel. Die hoofdoel van die aand was egter om erkenning aan van hul top Christen-mediavervaardigers in die vorm van toekennings te gee.

Tydens die konferensie in Kaapstad is die Faith That Counts Award aan Jannie en Toekomsvenster toegeken. Hierdie toekenning word elke jaar gedoen aan die organisasie wat die beste volgehoue projek aan hul gemeenskap bied. Die projek moet van so ‘n aard wees dat dit lede van die gemeenskap se lewens werklik op ‘n betekenisvolle manier aanraak en verbeter.

Bo en behalwe die normale uitsendings wat Toekomsvenster doen, het hulle twee hoofprojekte wat die gemeenskap op verskeie maniere help. In Krugersdorp-Wes poog Toekomsvenster om die Appelpark-area op te ruim en op te bou, en het reeds ‘n speelparkie vir jonger kinders en ‘n sportpark vir tieners ingerig. Hul tweede projek is gerig op jong mense wat reeds skool verlaat het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button