Organisasie verander naam maar bly hoop
Die Hope for the Future organisasie het onlangs hul naam verander en vertel dat hulle groot planne het vir die toekoms.
Die Hope for the Future liefdadigheidsorganisasie is opgewonde om hul nuus te deel.
Van nou af sal hulle bekend staan as die Esperança Foundation. Die woord ‘esperança’ beteken in Portugees ‘hoop’, wat perfek inpas by hul vorige naam.

Foto: Natasha Pretorius.
Yolandi Pestana, die stigter van die organisasie, vertel dat sy vir vier jaar onder die naam Hope for the Future gewerk het, maar, toe die tyd kom om die naam te registreer was hy ongelukkig klaar gevat en moes hulle toe ‘n nuwe naam kies.
Maar saam met die nuwe naam kom ander nuwe dinge.
Die nuwe span bestaan uit Sarah van Rensburg, die tesourier, Cerina van Rensburg, die jeug koordineerder, Marise Lombaard, bestuurder van die Westonaria-tak en Meisie Lombaard, die direkteur van die Westonaria-tak.
Die organisasie beplan ook groot dinge vir die res van die jaar.
Op 29 Junie sal hulle ‘n uitreik hou waarmee hulle die behoeftige gemeenskap van Westonaria wil help.
In September bied hulle hul eerste Mnr en Mej ‘Attitude’ skoonheidskompetisie aan en hulle beplan om maandelikse vlooimarkte aan te bied om kos en ander benodighede in te samel.
Besoek gerus hul Facebook-blad om meer van hul toekomstige gebeurtenisse uit te vind, of as jy hulle wil ondersteun.

