Crime

Huisbraak en diefstal steeds volop in Mogale

EPR Sekuriteit het onthul dat meer as 20 insidente die afgelope week aangemeld is. Meeste van die gevalle, 13, het tussen middernag en 12:00 gebeur.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag dui daarop dat hulle op 25 insidente gereageer het in slegs ses dae. Die meeste hiervan was diefstal en huisbraak.

• Also read: Police warn community of increase in burglaries

Die verslag, wat strek van 5 tot 11 Junie, toon 11 voorvalle van diefstal, vier van huisbraak en twee van bedrog. Ander insidente wat ook aangemeld was is motordiefstal, poging tot huisbraak, betreding, ‘n mediese voorval, aanranding, saakbeskadiging, ‘n roof en gevonde eiendom.

Ses van hierdie voorvalle het in Monument plaasgevind terwyl Chamdor vier insidente gehad het, Noordheuwel drie en Witpoortjie twee. Bietjie meer as die helfte van die oproepe is deur besighede gemaak terwyl daar ook twee gevalle by kerke was.

Dinsdag, 6 Junie was die besigste dag met ses insidente en op 5 Junie het daar vyf oproepe ingekom.
Die meeste van die gevalle, 13, het tussen middernag en 12:00 gebeur.

Kyk na EPR se volledige verslag hieronder:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button