Local news

‘n 100 Jaar van herinneringe

'Elke oggend as ek wakker word sê ek dankie vir 'n nuwe dag wat ek kan aanskou, alles is net Sy genade'.

Die Groot Depressie, Tweede Wêreldoorlog, stigting van Disney en menigde bekendes se opkoms en dood is alles wat Susie van Zyl oorleef het, want op Maandag, 16 Januarie het die statige vrou haar 100ste verjaarsdag gevier.

Suzie is in 1923 op Pietersburg gebore en het jare later met Chris van Zyl getrou. Die twee het in 1951 na Krugersdorp verhuis en Suzie bly steeds hier saam met haar dogter en kleinkinders.

Sy was die oudste van nege kinders en van al haar broers en susters is daar nog net drie wat lewe.

Lees ook: Happy birthday, a hundred and three times

Nou hoe word mens 100 jaar oud, het die News aan Suzie gevra? Haar antwoord is dat jy dit een dag op ‘n slag doen en op jou knieë bly.

“Elke oggend as ek wakker word sê ek dankie vir ‘n nuwe dag wat ek kan aanskou, alles is net Sy genade.”

Die gelukkigste dag in haar lewe, het sy vertel was die dag toe haar dogter gebore is. Sy het net twee kinders gehad en het haarself deur die jare opgewerk tot kredietbestuurder by ‘n ketting kruidenierswinkel.

Haar verjaarsdagkoek.

Lees ook: Happy 100th birthday Ouma Sadie

Daarna het sy promosie werk gedoen en die kinders het vertel dat sy altyd baie pizza vir hulle huis toe gebring het.
Suzie was ook ‘n kampioen tafeltennisspeler en het die mooiste masjienwerk gedoen en lappe geverf, het haar dogter vertel.
Haar kinders het laggend vertel dat sy saam met Eskom op die been gebring is en vandag nogsteeds sterker staan as die staatsentiteit.

Om hierdie merkwaardige dag te vier het hulle koek en tee by die huis gehad op Sondag, 15 Januarie vir al haar vriende en familie.

Baie geluk Tannie Suzie met jou 100ste verjaarsdag!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button