Local news

Elfjarige model gaan VSA toe

Pre Teen Miss RSA gaan Krugersdorp en Suid-Afrika oorsee verteenwoordig.

Marunique Meyer (11), ‘n graad 4-leerder van Ambulanté Academy is op pad VSA toe vir modelwerk.

Marunique het die titel van Pre Teen Miss RSA gewen gedurende September 2023 by Wawielpark in Klerksdorp. Sy het teen 20 ander kinders tussen die ouderdom van 10 en 12 deelgeneem in verskeie kategorieë. Die wenner van die titel het die geleentheid gekry om na die VSA toe te gaan.

• Also read: Maragon learner crowned Mini Miss RSA 2019

Sy gaan dus van 6 tot 13 Julie Orlando toe om deel te neem aan die Royal International Miss kompetisie waar sy teen kinders tussen die ouderdom van 11 tot 13 gaan deelneem van lande regoor Europa, die VSA en Australië.

Ek wou nog altyd ‘n model wees. Mens moet altyd jou drome volg en nie skaam wees nie,” sê Marunique.

• Also read: Four year old wears crown of hope

Sy doen ook baie liefdadigheidswerk en uitreikings vir kompetisies waar sy onder andere hondekos vir The 9th Day diereskuiling ingesamel het. Sy het ook ‘n anti-boelie veldtog by haar skool begin om leerders in te lig oor afknouery en die gevare wat dit vir jong boelieslagoffers inhou.

Sy help ook kinders wat sukkel om vriende te maak deur vir hulle ondersteuning en vriendskap aan te bied.

Marunique Meyer na sy as Pre Teen Miss RSA gekroon is.

Check Also
Close
 
Back to top button