Hoekom die moeite doen om te gaan stem op 29 Mei?
Krugersdorp-inwoners verduidelik hoekom hulle stem saak maak.
Die Krugersdorp News het die strate ingevaar om uit te vind hoekom inwoners die moeite moet doen om te gaan stem op 29 Mei.

“Om te kan stem in Suid-Afrika is die hoeksteen waarop ons land se demokrasie gevestig is. Geskiedkundig moes Suid-Afrika talle uitdagings en die stryd teen ongelykheid oorkom, teen die agtergrond van apartheid, om die weg tot ‘n nuwe, gelyke reënboognasie te baan. Deur te stem, word hierdie droom verwesenlik,” het Mathilda Steyn gesê.
Sy het bygevoeg, “Vandag, na 30 jaar se demokrasie, speel hierdie reg tot die aktiewe deelname in die verkiesing van die land se leierskap steeds ‘n kardinale rol in die vervulling van die doelwit van gelykheid en harmonie in die land. Deur aan verkiesings deel te neem, beoefen landsburgers dus nie net hul stemreg nie, maar help ook om aan die land se toekoms te bou.
“Deur hulself tot die stembus te wend, kan Suid-Afrikaners hul regering aanspreeklik hou en pleit vir beleide wat hul waardes weerspieël ten doel om geregtigheid en groei in Suid-Afrika mee te bring. In ‘n land van diversiteit en komplekse sosio-ekonomiese kwessies, moet die belangrikheid van stem onderstreep word om samehorigheid, inklusiwiteit en aktiewe verandering te bevorder – wat op sy beurt tot ‘n sterker, veerkragtiger demokrasie sal lei,” het sy gesê.

“Ek dink ons moet stem want ons is die jeug van die land en ons is die wat ‘n verskil kan maak,” glo Jaimie Whitfield.

“Ek doen die moeite om te stem, want mens kan nie kla oor die toestand van die land en regering as jy nie opstaan en stem nie. Jy moet stem vir die party wie jy dink ‘n verskil in die land kan maak,” sê Liandi van Tonder.
Engels-sprekende inwoners het die volgende te sê gehad:

“I bother to vote because I have a concern for the country. There is so many people without jobs and no opportunities for the youth. There is also no change, and everything in the country is at a standstill. There are so many empty promises from the government, and too much corruption. I want that to change,” Thabo Mogale said.
“I bother to vote because people need their voices to be heard. I need a house, we have a shortage of electricity and water in the country. I vote because I want change,” concluded Jose Manoel Nhahzimo.
