Local newsUpdate

Vroue bid saam vir ‘n doel

Vroue trek saam in Noordheuwel om wêreldbiddag te vier.

Die Dameskring se Wêreldbiddag vir Vroue geleentheid by die AGS Kerk in Noordheuwel was ‘n reuse sukses waar die vrouegemeenskap bymekaargekom het vir een doel – te bid in eer.

• Lees ook: Vroue genooi om Wêreldbiddag te vier

Die Dameskring se Krugersdorp-tak het hande gevat met die wêreldwye organisasie, Wêreldbiddag vir Vroue, en opgewondenheid onder vroue gekweek.

Ondervoorsitter vir die tak, Dalene Kruger, het gesê vroue se vreugde en dankbaarheid getuig van die dames van Krugersdorp en omliggende dele.

Dit was ‘n baie geseënde oggend met lofdanse, lofprysing en gebede vir die Cook Eilande-progam,” het sy vertel.

“Elkeen het dit terdeë geniet en alle eer aan ons Hemelse Vader.”

Vir meer inligting oor Dameskring Bereshiet Krugersdorp skakel gerus vir Lynn Kruger by 083 647 0730.

Sanger Jeanlie Minnaar. Foto: Line van Antwerpen.
Donsie Kruger. Foto: Line van Antwerpen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button